namate China sy ambisieuse oorgang na ’n dienste-en verbruiksgedrewe ekonomie voortsit en in ’n handelsdispuut met Amerika, die wêreld se grootste produsent van goedere en dienste, gewikkel is, sal dit onvermydelik ’n uitwerking op Suid-Afrikaanse uitvoer hê.
Suid-Afrikaners het in 2018 goedere terwaarde van R1 247 miljard, of 25,5% van die nominale bruto binnelandse produk (BBP), uitgevoer. In dieselfde jaar het die land goedere in dieselfde omvang ter waarde van R1 231 miljard, of 25,2% van die nominale BBP, ingevoer, volgens data van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en Statistieke Suid-Afrika.
Dié data toon ook dat goedere ter waarde van R956,26 miljard, of 25,4% van die nominale BBP, in die eerste drie kwartale van verlede jaar uitgevoer is, terwyl handelsware ter waarde van R953,75 miljard, of 25,3% van die nominale BBP,…
