R752,40/ton
Die koringtarief staan tans op R752/ton, al het daar sedert die aankondiging van dié tarief twee verdere veranderinge in die internasionale dollar-verwysingsprys plaasgevind. Daarvolgens moes die tarief op 12 September tot R909,99/t gestyg en op 10 Oktober tot R716,33 gedaal het. Dié tariefveranderinge sal na verwagting nog geskied, maar die tydsberekening daarvan is onduidelik. — Agbiz
22%
Navorsing deur The Nature Conservancy en 15 ander navorsingsinstellings raam dat veranderinge in landboupraktyke die hoeveelheid kweekhuisgasse wat jaarliks in die atmosfeer vrygelaat word, met 22% kan verminder, of die ekwivalent van 522 miljoen petrol-aangedrewe motors. Voordelige stappe is om bome tussen gesaaides te plant en beter bestuur van lewende hawe. — Phys.org
21%
Die produksie van lemoene, wat volgens mnr. Paul Makube, landbou-ekonoom van FNB, verreweg Suid-Afrika se waardevolste uitvoervrug is,…