DIT is onverantwoordelik om onvolhoubare landboubedrywe wat die omgewing aftakel, te finansier, sê dr. James Blignaut, ’n buitengewone professor aan die Universiteit Stellenbosch se skool van openbare bestuur, gegewe dat dit die omgewing aftakel én dat winsgewende alternatiewe wat die grond herstel, beskikbaar is.
Hoewel die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005) waarskynlik te nou bewoord is om huidige landboukredietpraktyke as roekeloos te bestempel, kan van die praktyke wat tans gefinansier word, as de facto roekeloos beskou word. Oorweeg die voorbeeld van klimaatsverandering. Alle praktyke wat óf klimaatsverandering bevorder, en/ of dit nie verlig of aanpas by dié werklikheid nie, sal onvermydelik verbruikers se risiko verhoog en bydra tot die algemene kostelaste.
Krediet wat voorgeskiet word aan ’n boer wat onder meer konvensionele praktyke gebruik soos diep ploeg, monogewasse en…