Imperial Holdings bedryf twee hoofafdelings: Imperial Logistics, wat verbruikersen nywerheidslogistiek bied; en Motus, sy voertuiginvoer-, verspreidings-, verhurings-, naverkoopsonderdeel- en voertuigverwante finansiëledienste-bedrywighede asook handelaarskappe.
Motus is blootgestel aan die Suid-Afrikaanse ekonomie, veral voertuigverkope en -verhuring. Hy is die eksklusiewe invoerder en verspreider van 16 motorhandelsmerke, onder meer Hyundai, Kia en Renault. Sy verhuuronderneming bestaan uit Tempest en Europcar.
Die 13%-afname in nuwevoertuig-verkope in Suid-Afrika, “dalende sakevertroue, brose verbruikerwelstand en hoër inflasie wat persoonlike verbruikersbesteding bedruk het”, het swaar op verdienste geweeg in die ses maande tot einde Desember, het Imperial gesê. Sy bedrywighede in die res van Afrika is geraak deur lae oliepryse en ’n kleiner vraag na kommoditeite.
Imperial het daarin geslaag om sy inkomste jaar-tot-jaar met 2% in die tussentydse tydperk tot R61,3 miljard te verhoog, terwyl wesensverdienste per…
