t erwyl ’n tweede verlaging van die land se soewereine kredietgradering dreig – ’n dubbele slag wat die rand ongetwyfeld nóg slae sal gee – kan dit die moeite werd wees om die voor- en nadele van die onlangse oplewing van randskansaandele, veral die mynbouaandele, te bekyk.
Daar het reeds ’n bietjie aktiwiteit voorgekom by die mynboumaatskappye wat inkomste in dollar geniet, soos die JSE-genoteerde goudmynmaatskappye en in mindere mate die maatskappye wat die platinumgroep-metale ontgin.
Vanweë die hefboomwerking wat ’n swakker geldeenheid op sommige aandele het, kan nog stygings egter voorkom by maatskappye soos Lonmin, waarvan die voorbelaste verdienste na raming met 120% kan styg elke keer as die geldeenheid met 10% verswak, volgens Goldman Sachs.
Daarop volg Anglo American Platinum (Amplats), waarvan die voorbelaste verdienste met só ’n…