die N3-hoogweg is waarskynlik die mees gepolisieerde pad in Suid-Afrika. Ek het dít besef toe ek onlangs die 570 kilometer tussen Johannesburg, die land se finansiële senusentrum, en Durban, die besigste hawe in Afrika en een van die vasteland se belangrike handelspoorte, gereis het.
Oral langs die hoofweg het ek met tussenposes polisiemotors gestasioneer gesien, terwyl bekende probleemgebiede, soos die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal deur soldate in gepantserde voertuie bewaak is. Ek het ook opgemerk dat die N3 vol spoed- en waarnemingkameras is. Ek kon nie die gevoel afskud dat ek van Johannesburg tot Durban dopgehou en nagespoor is nie
Terwyl ek oor die hoë sekuriteitsvlak op die N3 nagedink het, het ek iets buitengewoons gesien: vlote van tien tot 15 vragmotors waarvan sommige begelei is deur mans wat soos huursoldate…
