die dae toe ’n man in ’n oorgroot, somber, grys pak by sy lessenaar in ’n rookgevulde kantoor gesit en standaardversekeringspolisse verkoop het, is lankal verby. As jy nog nie weet nie: Versekering is nou die aantreklikste bedryf. Vra maar vir Naspers* Foundry se leierspan, wat vroeg Augustus nog ’n belegging op die terrein van versekeringstegnologie aangekondig het: ’n belegging van R120 miljoen in Naked, ’n versekeringsmaatskappy wat met kunsmatige intelligensie aangedryf word. Dit volg op nuus die vorige maand van ’n belegging van R34 miljoen in Ctrl, ’n digitale adviesplatform vir korttermyn-versekering.
Die opgewondenheid maak sin. Versekering is gewoonlik een van die snels groeiende sektore wanneer mense in ontwikkelende lande bates soos huise en motors begin versamel. Die oorgang na digitale dienste, gesteun deur die inperkingmaatreëls, en nuwe tegnologie,…
