effekte is vervelig, of so word gesê. ’n Beter interpretasie is dat effekte- -opbrengste meestal minder wisselvallig as aandele-opbrengste is.
“Dit is positief vir beleggers wat stabiliteit op prys stel, soos byvoorbeeld afgetredenes. Dit is negatief vir beleggers met langtermynhorisonne, aangesien beleggings wat ’n groter risiko inhou, soos aandele, tipies oor lang tydperke uitpresteer,” sê Mark Dunley- Own, portefeuljebestuurder by Allan Gray. Hy verduidelik dat indien R1 in 2000 in die FTSE/JSE se indeks van alle aandele (Alsi) belê is, dit vandag R10,65 werd sou wees, in vergelyking met R5,67 in die JSE se indeks van alle fffekte (Albi).
Vervelig of nie, die diversifikasievoordele van effekte maak dit vir baie beleggers relevant omdat dit geneig is om goed te presteer wanneer aandele swak presteer, en omgekeerd.
“Dit is verstandig om…
