die Spar Group is in 1932 in Nederland gestig en in 1963 in Suid-Afrika geloods toe agt groothandelaars die regte gekry het om die Spar-naam te gebruik. Spar het vandag ’n voetspoor van meer as 2 000 winkels in Suider-Afrika wat sake doen onder die Spar-, Superspar-, Kwikspar-, SaveMor-, Build it-, Tops at Spar- en Pharmacy at Spar-handelsmerke. Hy besit ook Spar Switzerland, met meer as 300 winkels, en BWG Group, wat meer as 1 300 winkels in Ierland en Engeland bedien.
Basies berg en versprei Spar kruideniersware en ander produkte aan onafhanklike kleinhandelaars met die Sparhandelsnaam. (Die groep besit nege winkels regstreeks, “maar dit is suiwer defensief om belangrike kleinhandelsliggings te behou”.)
Hoewel winkeleienaars voorraad hoofsaaklik deur die Spar-stelsel koop, mag hulle ook eksterne goedere aanhou. Dit stel eienaars…
