Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice Group, meen die maatskappy is steeds ’n unieke Afrika-beleggingsgeleentheid. Dit het 40000uurseplaaslikeinhoudinsybiblioteek,21markleidende plaaslike kanale oor die vasteland heen, en ’n bewese prestasiegeskiedenis, veral met die lewering van hoëgehalte-sportinhoud, wat volgens hom die beste sportboeket-aanbieding ter wêreld is.
“Uit ’n internasionale oogpunt verteenwoordig internetinhoud net 15% van die wêreld se inhoud. Die res – 85% – is op ons platform. Ons het steeds inhoud soos Game of Thrones, asook plaaslike inhoud, wat die meeste op die platform gekyk word. Plaaslike inhoud verteenwoordig 11,7% van uitsaaiminute op die DStv-platform, maar 26% van die gekykte minute, wat ons help om gesog te bly en afspraakkykers in die mark te behou.”
Met ander woorde, op ’n vasteland waar die televisiekyk-ure per dag amper dubbel dié van enige ander…