“DIT LYK ASOF DAAR NIE DUIDELIK IS OOR DIE KWESSIES WAT HULLE PROBEER OPLOS NIE.” – John Lewis, besturende direkteur van Aggreko, ’n tussentydse kragvoorsiener vir groot geleenthede, in ’n artikel in Business Day. “Ongelukkig, wanneer dinge verkeerd gaan, is dit waar ons inpas,” het hy aan die koerant gesê. Volgens hom praat hulle met Eskom om vas te stel “hoe en waar ons met ’n tydelike oplossing kan help”.
“NIKS KAN AS VANSELFSPREKEND AANVAAR WORD NIE.” – Sizwe Pamla, woordvoerder vir Cosatu, in ’n artikel op mg.co.za, ná die vakbondfederasie se opmerking dat sy besluit om die ANC in vanjaar se verkiesing te ondersteun, hersien kan word. “Op grondvlak het geesdrif vir ANC-politiek verflou,” het Pamla gesê. Dit tydens die vakverbond se voorbereidings om landwyd te staak uit protes…
