Suid-Afrika se motorhandelsmerke het diensaanbiedings en klante-ervaring tot nuwe hoogtes gevoer.
Peugeot se ‘Peugeot Pride’, wat op 1 September afgeskop het, bied ’n opgradeerde 5-jaar/100 000km-waarborg aan alle nuwe Peugeot-eienaars (dit was voorheen ’n 4-jaar/60 000km-diens, 3-jaar/100 000km-waarborg).
Dit sluit ook ’n gunsmotor, Peugeot-onderdele, toegewyde toepassings wat aan die motor gekoppel is, ’n lisensiehernuwingsaanmaning, padhulp en My Peugeot App in.
Dit sluit ook die gebruik van slegs Peugeot se oorspronklike onderdele in, wat die herverkoopwaarde ’n hupstoot sal gee, sê Peugeot Citroen Suid-Afrika.
Intussen, in Augustus, het Toyota Suid-Afrika Motors vir “Toyota Connect”, bekend gestel, ’n nuwe konnektiwiteitskern wat in die MyToyota App gehuisves is. Dié eg Suid-Afrikaanse produk is gesamentlik deur Toyota, Altron en Vodacom ontwerp en bied die konvergensie van Wi-Fi en konnektiwiteitskenmerke in een pakket.
Nuwe Toyota-en…