in die tweede kwartaal van vanjaar het al sewe die wêreld se grootste ekonomieë stadiger gegroei as in die ooreenstemmende kwartaal van verlede jaar. Dit is volgens ’n verslag van dieWêreld- Ekonomiese Forum (WEF) oor streeksrisiko om sake te doen vir vanjaar, wat aan die begin van Oktober uitgereik is. Die BBP-groei vir die tweede kwartaal in die grootste ekonomie, Amerika, het van 3,2% verlede jaar afgeneem tot 2,3%. China, in die tweede plek, is af van 6,7% tot 6,2%.
Duitsland, in die vierde plek wêreldwyd, het skerp gedaal van 2,1% tot 0,4%. DieWEF het gesê dat tekens van ’n wêreldwye ekonomiese resessie op kort termyn nou “sterk” is.
“Die wêreldekonomie is sedert 2008-’09 se strukturele skok op ’n vlakker groeipad. Die simptome van ’n brose ekonomie het egter vanjaar…
