OLA, OLYFOLIE!
Morgenster se bekroonde ekstrasuiwer olyfolies spog met ’n elegante nuwe verpakking. Kies uit die Vibrant & Versatile (’n vermenging van tot 14 Italiaanse olyfvariëteite; die olie is goed gebalanseerd, vars en vrugtig), Balanced & Subtle (in kleiner hoeveelhede vervaardig van uitgesoekte kultivars met ’n sagte, vrugtige geur), Bold & Robust (’n enkelvariëteitolie met ’n volronde geur), en Zesty & Tasty (’n vermenging gegeur met koudgeparste suurlemoenolie). Morgenster verkoop ook ’n balsamiese asyn. Die produkte is landwyd by uitgesoekte winkels beskikbaar, of bestel dit by morgenster.co.za.
GEVOUDE KUNS
Carmen Esterhuizen noem haarself ’n ‘jack of all trades’, van ’n oudioloog tot ’n spraakterapeut, en dan nog ook ’n origami-kunstenaar. Sy maak origami-oorbelle as klein kunswerkies wat jy kan dra, en elke paar is uniek en met die hand gevou…