By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
‘Tranquilla, signora! Sta tranquilla per favore,’ pleit die gawe spoorwegman toe ek uit pure frustrasie in trane uitbars. Maar dis halfvier die middag op die Milaan Sentraal-stasie en ek sukkel al van seweuur die oggend af om my seun, Anton, by die lughawe te kry en terug in Sanremo te kom voordat die laaste bus om 18.40 berg-op huis toe vertrek. Teen dié tyd het ek elke moontlike aansluiting gemis en die app weier om my (vrek duur) kaartjies te verander of terug te betaal. Nou is die treine boonop vol weens die chaos op die stasie en een kondukteur ná die ander sê bloot daar is nie meer plek nie. So toe dié stomme man my in ’n ander rigting probeer stuur as waarheen ek op pad was, het…
OLA, OLYFOLIE! Morgenster se bekroonde ekstrasuiwer olyfolies spog met ’n elegante nuwe verpakking. Kies uit die Vibrant & Versatile (’n vermenging van tot 14 Italiaanse olyfvariëteite; die olie is goed gebalanseerd, vars en vrugtig), Balanced & Subtle (in kleiner hoeveelhede vervaardig van uitgesoekte kultivars met ’n sagte, vrugtige geur), Bold & Robust (’n enkelvariëteitolie met ’n volronde geur), en Zesty & Tasty (’n vermenging gegeur met koudgeparste suurlemoenolie). Morgenster verkoop ook ’n balsamiese asyn. Die produkte is landwyd by uitgesoekte winkels beskikbaar, of bestel dit by morgenster.co.za. GEVOUDE KUNS Carmen Esterhuizen noem haarself ’n ‘jack of all trades’, van ’n oudioloog tot ’n spraakterapeut, en dan nog ook ’n origami-kunstenaar. Sy maak origami-oorbelle as klein kunswerkies wat jy kan dra, en elke paar is uniek en met die hand gevou…
‘Dit gaan daaroor om ’n storie te vertel,’ verduidelik Rupert Smith, mede-eienaar van VM Central & Olive Studio, Suid-Afrika se enigste geakkrediteerde skool vir visuele verkoopkuns, as jy hom vra oor sy werk. ‘Visual merchandising is die kuns en wetenskap om handelsware lewendig en meer aanloklik te maak vir potensiële kopers.’ Hoewel die skool se portefeulje werk vir ikoniese internasionale handelsmerke soos Harley Davidson en Heineken insluit, kan jy jou kwalik ’n suiwerder voorbeeld van Rupert se benadering voorstel as sy eie leefruimte. In Rupert se hande word dié kompakte loft soveel meer as die somtotaal van sy dele. Die amper kliniese staal-en-betonruimte bruis van lewe. Dit is tegelykertyd dramaties en vertroostend, met skoon lyne maar ook subtiele lae: ’n slim balanseertoertjie waarin ‘teenstrydige’ elemente saam ’n eiesoortige huis skep.…
AL FRESCO ONDER DIE PRIEEL Hoekom nie jou eie prieel bou nie? Maak klippe uit die omgewing bymekaar, gebruik growwe ou planke vir die balke, en plant ’n mooi rankplant om oor te groei vir die nodige skaduwee. Bougainvillea, druiwestok en bloureën (wisteria) is almal plante wat lekker vinnig sal groei. Hang glasflesse aan tou uit die balke en sit ’n kersie in elk vir lig saans. ’n Lang tafel en bankies van rou hout sal sorg vir genoeg kuierplek in die somer. Maak vir die bankies kussings met toutjies sodat dit stewig vasgemaak kan word. En terwyl jy nou besig is, bou sommer ook ’n pizza-oond naby die prieel vir pizza-aande. PLAASSTOEP-KUIERS Die ou Karoo-boustyl – altyd met ’n stoep voor of agter, of sommer reg rondom – is…
handwerk SKEP DIE PRENTJIE Maak mooi blomme, loof, vintage- botaniese illustrasies, afgewitte hout en tuinskêre bymekaar, voeg spatsels ligpienk by en kry jou groen vingers reg om in dié intieme vertikale tuin te woel. Probeer jou eie saadpakkies of koeverte maak met vintageillustrasies van blomme. Nog ’n slim idee is om plantnaamkaartjies te maak van lugdroogklei. Onthou om dit te vernis om dit te beskerm. LA BOTANIQUE DE NOODSAAKLIKE DINGE OM TE BEGIN * Die ideale werkbank met bêre-, werk- en uitstalplek. (Selfs al is jou werktafel nie aan die elemente blootgestel nie, is dit ’n goeie idee om dit met ’n houtseëlmiddel te behandel om dit vir jare te laat hou.) * ’n Plek om jou gereedskap op te hang – ons het sterk tou en stortgordynhake vir ons…
♥ lugdroogklei ♥ dekoratiewe item (om patrone in die klei te druk) ♥ houtbord ♥ koekroller ♥ sosatiestokkies ♥ plastieksak Begin deur die hele blok lugdroogklei op jou houtbord uit te rol tot omtrent 0,5 cm dik. Gebruik die skerp punt van ’n sosatiestokkie om die vorm van die agterste deel van jou vaas op die uitgerolde klei te teken. Teken ook die deel wat die planthouer aan die voorkant gaan vorm. Sny die dele met die sosatiestokkie uit. Gebruik jou dekoratiewe item om die vaasdele te versier. Ons het ’n vintagehandvatsel gebruik om die houerdeel te versier en van die afgesnyde klei om mooi rande te vorm. WENK: Voor jy enige dele heg, maak eers ’n paar krapmerke op albei oppervlakke en vryf ’n bietjie water oor. Heg die…