By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Oor die jare het ek geleer die beste manier van leef is om in die oomblik te leef. Soos 'n string krale wat aanmekaargeryg is, is dit al die nóúoomblikke wat op die ou end jou lewe uitmaak. Berou en skuldgevoelens oor die verlede of vrese vir wat voorlê dra min by tot ons innerlike geluk. Maar dis ook makliker gesê as gedaan en nie alle terugkyk is sleg vir ons nie. Refleksie is altyd 'n goeie leermeester. Dan is dit boonop so dat hoe moeiliker die lewe voel, hoe meer nostalgies raak ons. En soms is nostalgie presies wat ons nodig het om weer 'n glimlag op ons gesig te sit. Kyk nou maar hoe almal die smaaklike vreugde van 'n sny warm roosterbrood vol smeltende botter en 'n…
BESKERM 'n TEER VEL Soms vlam 'n mens se vel sommer uit die bloute op. Dit word rooi, warm, jeukerig en ongemaklik sensitief. Volgens die velsorghuis Dermalogica ervaar tot 70 persent van mense wêreldwyd sensitiewe vel. Dit kan geneties wees, of weens leefstyl- of omgewingsfaktore. Wat ook al die oorsaak, die vel se skermlaag is beskadig en moet tyd en hulp kry om te herstel. Dermalogica se nuwe Stabilizing Repair Cream (50 ml, R1 499) is ‘n bevogtiger wat sensitiewe vel binne een week kan stopsit deur die vel te help om sy eie seramied te vervaardig. Naas 'n seramiedkompleks wat die skermlaag herstel en opbou, bevat dit voedende lipiede wat die vel help om meer weerstandig en minder reaktief te wees. Dit het ook 'n vermenging van botaniese bestanddele…
Die tuinier en blomme-ontwerper Dané Erwee se lewe wentel nog altyd om plante. Om die waarheid te sê strek dié verhouding terug tot lank voor hy kan onthou: Volgens 'n familiestorie het Dané se ma hom as slapende baba saamgevat wanneer sy in 'n bootjie op die plaasdam waterblommetjies gaan pluk het. Sy eerste herinnering aan iets wat hy geplant het, was toe hy ‘omtrent vyf of ses jaar oud was’, vertel Dané. Sy ouma het vir hom bosleliesaad gegee, hy het dit geplant ‘en dit het opgekom’. Plantkennis was nog altyd 'n integrale deel van Dané se lewe omdat hy op 'n groenteplaas grootgeword het. Sy pad van kind wat help steggies maak het, het heel natuurlik gelei tot 'n kwalifikasie in landskapontwerp wat hy in die middel jare…
STORIE-TEËLS Gee ou teëls nuwe lewe met die teëlprente in ons kalender. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 'n paar uur (na gelang van hoeveel teëls jy versier) JY BENODIG ♥ teëls van jou keuse ♥ teëlprente op ons kalenderblaaie (of die prente van jou keuse) ♥ modge podge ♥ handwerkkwas ♥ handwerkmes en snymat ♥ staalliniaal VERF-DETAIL Rond jou teëls se hoeke af met 'n geverfde patroontjie. MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 'n paar uur (na gelang van hoeveel teëls jy versier) JY BENODIG ♥ teëls van jou keuse ♥ patroon van jou keuse (ons het ons s'n op die internet gekry) ♥ teëlverf in die kleur van jou keuse ♥ kuns- of stensilkwas ♥ asetaat ♥ maskeerband ♥ handwerkmes en snymat ♥ staalliniaal ♥ kleurlose seëlmiddel…
MOEILIKHEIDSGRAAD: uitdagend TYD: halfdag JY BENODIG ♥ verf in drie skakerings van die kleur van jou keuse (ons het blou gebruik) ♥ klein sponsroller en verfbak ♥ waterpas (groot) ♥ gekleurde bordkryt ♥ maskeerband ♥ plastiekvel om die vloer mee te bedek DIE LEWE IS 'N FEES EN ONS IS ALMAL SOONTOE GENOOI.…
BORRELBROOD MET 'N CHARCUTERIE – BOLAAG Vakansietyd is onthaaltyd – en dié maklike borrelbrood is die perfekte peuselhappie of voorgereg vir kuiergaste wat kom inloer. As jou tyd beperk is, kan jy sommer brooddeeg by die supermark koop, maar maak seker jou panne is vuurwarm sodat die deeg borrel terwyl dit bak. Genoeg vir: 6-8 Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd Baktyd: 5 minute per baksel Oondtemperatuur: 220 °C ♥ 680 g (1 250 ml) witbroodmeel ♥ 10 ml sout ♥ 7 g (10 ml) kitsgis ♥ 30 ml olyfolie ♥ omtrent 430 ml louwarm water CHARCUTERIE-BOLAAG ♥ 60 ml olyfolie ♥ 20 ml rooiwynasyn ♥ 1 knoffelhuisie, fyngedruk ♥ 140 g prosciutto of ander snye kouevleis van jou keuse ♥ 150 g klein mozzarellabolletjies (pearl mozzarella balls) ♥ 1 fles…