By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Genade! Wat 'n jaar was dit nie. Op die oomblik voel ek soos 'n marathonatleet wat kort ná die eindstreep vooroorgebuig staan om asem te skep, of selfs dié wat op die naat van hul rug lê om die pyn en krampe in hul bene te oorkom. En dan 'n paar minute later opstaan met 'n breë glimlag. Hulle het dit gemáák! En ons ook. Ons het almal die pyn en frustrasie van die jaar beleef, ons eie uithouvermoë getoets en die genoegdoening van gelykpad sonder erge op- en afdraandes ondervind. So hier is ons, glimlaggend, al is dit met moeë oë. Ons is gereed vir die volgende uitdaging en ook natuurlik vir die feesseisoen - die tyd van vreugde en opwinding, van herstel en kalmte, die tyd vir kreatiwiteit.…
TUINKAMER EN FEESTAFEL Die groot Kersboom is versier met kleurvolle geverfde en vintage-Kersballe en liggies. Dit staan tussen die leefvertrek en die tuinkamer en skep 'n feestelike atmosfeer in albei ruimtes. OP DIE TAFEL Die tafel is versier met 'n kleurvolle tafeldoek en kerse, ligballe, sterre, lanterns, miniboompies en groenigheid. Terracotta, pienk, groen, goud: Hierdie aksentkleure is te sien in die breekware, glas en materiale. Die roomkleurige breekware is van Ikea, die muurversiering van ixxi.com en die res is by liefdadigheidswinkels uitgesnuffel. Die eerste ding wat lrene Meerman elkejaarop 6 Desember doen - die dag ná Sinterklaas, 'n tradisionele viering in Nederland - is om Kersmusiek te speel en die bokse met Kersgoed in die solder te gaan haal.'Ek dink dis groot pret om die huis vir Kersfees te versier met…
handwerk SKEP DIE PRENTJIE Gebruik die helderste, geurigste blomme in kos, dekor en handwerk en maak jou Kersfees vanjaar ’n onvergeetlike ervaring wat letterlik al die sintuie streel. ADVENTKALENDER MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 1 dag Maak jou eie Adventkalender met saadstokkies en plant een elke dag in Desember tot Kersdag aanbreek. Jy kan jou eie saadstokkies maak: Meng saad, potgrond en lugdroogklei met ’n klein bietjie water in ’n bak. Rol die kleimengsel in ’n dun vel uit, sny dit in stroke en teken ’n nommer vir elke dag onderaan. Druk ’n klein gaatjie in die bokant van elk waardeur jy ’n lint kan ryg. Los die saadstokkies oornag om heeltemal droog te word. KERSBOOM IN VOLLE BLOM MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 1 dag Probeer ’n slag iets anders as die tradisionele…
BOSSELEER PAPIER MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 'n paar uur JY BENODIG ♥ papier ♥ blomstensil ♥ embosseerpen ♥ sponsskuimbord ♥ klampe WASPAPIER-GESKENKPAPIER MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 1 uur JY BENODIG ♥ blomblare ♥ waspapier ♥ strykyster (sonder water)…
SKEP DIE PRENTJIE Nostalgie is die hoofbestanddeel in die sjarme van hierdie ou plaashuis se perfek-onperfekte Kersgewaad. Ou foto's, lappies en handwerk het net hul pad uit die laaie na die tafel, beddens en die res van die huis gevind. Die sagtheid van kerslig en 'n oes uit die tuin is al wat die verweerde ou huis verder nodig gehad het om 'n aardse, kalm atmosfeer uit te straal. Omring deur die natuur was die keuse van groenigheid as versiering op die eenvoudig gedekte tafel 'n natuurlike een. Die kerskandelaar bodie tafel rond dit perfek af. Groepeer enige prente met 'n Kers- of godsdienstema saam omdadelik respek aan hierdie spesiale tyd van die jaar te toon. Span 'n jong boompie of 'n groot genoeg blaarlose tak as Kersboom in. Draai…
SKEP DIE PRENTJIE Dis dalk nie vir ’huis vol jillende kinders nie, maar vir diegene wat oor die feestyd van ’n kalm en knus ruimte hou –die Dene se idee van hygge – is hierdie natuurlike voorkoms met linneversierings ideaal. Jou naaldwerkmasjien en ’n paar takkies uit die tuin is jou belangrikste benodigdhede. BABA-KERSBOOMPIES projek DALA WATTS Gebruik ’n ronde lat of ’n tak uit jou tuin wat dik genoeg (minstens 5 cm in deursnee) om hierdie oulike klein boompies te maak. Saag die lat of tak in skywe van omtrent 3 cm en boor ’n gaatjie in die middel, groot genoeg vir ’n takkie om daarin te pas. Probeer denneof siprestakkies kry en druk dit in die gaatjie in die houtskyf. Gebruik die boompies op die tafel as deel…