Internasionaal: Die gemiddelde prys van mielies het met 0,03%, oftewel $0,05/t (R0,61/t), gestyg tot $147,52/t (R1 790/t). Op ’n jaargrondslag is dit 24,7%, oftewel $48,26/t (R585,68/t), laer. Verwagte pryse: Mei – $142,20/t (R1 726/t), Julie – $143,69/t (R1 744/t), September – $146,61/t (R1 779/t), Desember – $150,86/t (R1 831/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,4%, oftewel R36/t, gestyg tot R2 579/t. Geel mielies het met 0,1%, oftewel R3/t, gedaal tot R2 382/t. Op ’n jaargrondslag is dit 15,8%, oftewel R352/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 8,1%, oftewel R179/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 0,8%, oftewel $1,53/t (R18,57/t), gedaal tot $182,97/t (R2 221/t). Op ’n jaargrondslag is dit 26,4%, oftewel $65,66/t (R796,85/t), laer. Verwagte…
