INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,06%, of $0,10/t (R1,25/t), tot $155,52/t (R1 945/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 7,7%, of $11,10/t (R138,84/t), hoër. Verwagte pryse: Junie – $159,68/t (R1 997/t), Julie – $163,14/t (R2 041/t), September – $166,61/t (R2 084/t), Desember – $169,76/t (R2 123/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4%, of R81/t, tot R2 126/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3,5%, of R75/t, tot R2 220/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 19%, of R339/t, hoër, terwyl geel mielies 17,2%, of R325/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Junie – R2 119/t, Julie – R2 154/t, September – R2 199/t, Desember – R2 283/t. Verwagte geelmieliepryse: Junie – R2 220/t, Julie – R2 249/t, September…