SUID -AFRIK A ANSE avokadokwekers voeg jaarliks sowat 900 hektaar tot die land se bestaande 14 700 hektaar avokadoboorde by. Om die bykomende produk te verbruik, sal markte uitgebrei en nuwe markte ontwikkel moet word.
Só het mnr. Derek Donkin, uitvoerende hoof van Subtrop, op ’n onlangse webinaar van die varsprodukte-bemarkingsvereniging (PMA) en Beanstalk Global, die internasionale skakelingsmaatskappy vir die varsproduktebedryf, gesê.
Donkin en Suid-Afrikaanse boere is hoopvol dat Suid-Afrika marktoegang tot Oosterse lande, soos China en Indië, sal kry.
Al die regte bestanddele vir ’n groeiende uitvoermark is daar, soos die streek se groeiende middelklas met meer besteebare inkomste.
Me. Lindie Stroebel, bestuurder vir Suider-Afrika by Mission Produce, het gesê dié maatskappy voer reeds avokado’s uit na China vanuit ander lande met marktoegang tot dié land.
Wat haar betref,…
