INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,6% tot $220,27/t (R3 338/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 35,7% hoër. Verwagte pryse: Des. – $227,31/t (R3 445/t), Mrt. – $230,15/t (R3 488/t), Mei – $231,72/t (R3 512/t), Jul. – $231,56/t (R3 510/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,7% tot R3 220/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,5% tot R3 475/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 8,4%, of R297/t, goedkoper, terwyl geelmielies 1,8%, of R60/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 260/t, Mei – R3 226/t, Julie – R3 249/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 496/t, Mei – R3 400/t, Julie – R3 400/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,02% tot $288,67/t (R4 375/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is…