“Menere, kom ons erken maar dat ons kaal uitgetrek is, en beweeg aan.” Goeie punt, dokter!
’n Lexus-werktuigkundige is besig om ’n silinderkop uit ’n LS460 se enjin te verwyder toe hy ’n bekende kardioloog in die werkswinkel gewaar.
Die kardioloog staan en wag dat die onderhoudsbestuurder na sy motor kom kyk toe die werktuigkundige oor die garage heen skree: “Haai, dokter, kom gou hier.”
Die kardioloog is effens verbaas, maar stap na waar die werktuigkundige besig is om te werk.
Die werktuigkundige kom regop, vee sy hande aan ’n lap af, en sê: “Nou, dokter, kyk na hierdie enjin. Ek het sy hart oopgemaak, die kleppe uitgehaal, alles wat stukkend was, herstel of vervang, en toe alles teruggesit, en toe ek klaar was, het dit soos ’n nuwe een…