wat kos die Zuma-regering se kaskenades jou vanjaar in rand en sent?
Begin sommer met die onverwagte bykomende 0,2 persentasiepunte rente wat jy op jou uitstaande verbandlening moet betaal. Die mark het voor die Reserwebank se aankondiging van 28 Januarie ’n verhoging van 0,3 persentasiepunte verwag, maar die beleidskomitee het besluit op ’n verhoging van 0,5 persentasiepunte.
Razia Kahn, hoofekonoom vir Afrika van Standard Chartered, het oor dié bykomende 0,2 persentasiepunte gesê: “Die aggressiewer verhoging nadat die Reserwebank sy terugkoopkoers in November reeds met 0,25 persentasiepunte verhoog het, weerspieël die behoefte om sekerheid oor beleidsgeloofwaardigheid in Suid-Afrika te gee. Ons reken dit is grootliks omdat die risiko vir die rand in die onlangse verlede as spesifiek Suid-Afrikaans beskou word. Met dié dat Suid-Afrika die gevaar loop van verdere graderingsverlagings weens…
