SA BANKE
Slegte skuld het afgeneem
Die syfer wat my aandag getrek het in die resultate van die drie groot banke wat dit al bekend gemaak het, is wanbetalings – of eenvoudig gestel: slegte skuld. By Nedbank het die wanbetalings van 0,79% tot 0,77% verbeter en by Standard Bank van 1% tot 0,87%, terwyl Barclays Africa van 1,02% tot 1,05% gestyg het. Afgesien van Barclays dui alles daarop dat al neem die druk op die verbruiker toe, verbeter die wanbetalingskoers meestal – en aan die laer kant van die wanbetalingsbestek op lang termyn. Privaatsektor-krediet in Suid-Afrika het in Januarie met 8,54% toegeneem – dus is daar nie minder krediet ter sprake nie, al was ’n styging van 8,54% verlede jaar taamlik laag, met die hoogste styging van 10,18% in Desember.…
