“China sal beslis nie ’n harde landing hê nie. Van dié voorspelling van ’n harde landing sal daar niks kom nie.”
− Xu Shaoshi, China se top- ekonomiese beplanner en hoof van die land se Nasionale Kommissie vir Ontwikkeling en Hervorming, oor China se groei terwyl die land van beleggingsgeleide tot verbruiksgedrewe groei beweeg. Reuters berig dat die land se BBP verlede jaar met 6,9% gegroei het, die stadigste in 25 jaar. Die regering mik na ekonomiese groei van tussen 6,5% en 7% vir vanjaar.
“GEGEE DIE OMGEWING VAN LAER EKONOMIESE GROEI IN SUID-AFRIKA EN DIE RES VAN AFRIKA, BIED BRITTANJE ’N BETER GELEENTHEID VIR RISIKO TEENOOR BELONING. DIE KOSTE VAN KAPITAAL IN AFRIKA GAAN BAIE HOËR WEES, EN GROEI LAER.”
− Johan Burger, uitvoerende hoof van FirstRand, oor FirstRand…
