Die Internasionale Lugvervoervereniging (ILVV) voorsien dat internasionale passasierstalle gaan verdubbel vanaf die 3,8 miljard in 2016 tot 7,2 miljard in 2035. Die grootste aandrywer van die vraag sal afkomstig wees van die Asië-Pasifiese streek, wat na verwagting die bron van meer as die helfte van nuwe passasiers oor die volgende 20 jaar sal wees.
Vir Afrika beteken die geprojekteerde jaarlikse groei van 5,1% ’n bykomende 192 miljoen passasiers, vir ’n totaal van 303 miljoen passasiers teen 2035, terwyl die Midde-Ooste se groeivoorspelling van 4,8% jaarliks gelykstaande is met ’n bykomende 244 miljoen passasiers. Afrika groei die vinnigste van die tien markte wat volgens persentasie die vinnigste groei. Sierra Leone, Guinee, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Benin, Mali, Rwanda, Togo, Uganda, Zambië en Madagaskar gaan na verwagting oor die volgende 20 jaar jaarliks…