“Die Amerikaanse ekonomie loop nie net op alle silinders nie, maar na ons mening sal die optimisme oor die oorwinning van die Republikeine in Washington waarskynlik ’n selfvervullende tydperk van sterk markte en ten minste die moontlikheid van stewige groei skep.”
− Ontleders by Bank of America Merrill Lynch in ’n onlangse aantekening. Die bank se oorsig van internasionale fondsbestuurders, wat in die eerste week van Februarie gedoen is, het gevind dat die vlak van optimisme die hoogste sedert vroeg in 2011 is, berig Bloomberg. Volgens die bank hou Europese verkiesings daarenteen die grootste bedreiging in, gevolg deur ’n handelsoorlog en ’n ineenstorting in wêreld-effektemarkte, volgens die berig.
“Op die oomblik het die markte ’n ‘kop, ek wen, munt, jy verloor’- mentaliteit. Jy het in dié stadium al die goeie…
