Wie’s oud?
Die gemiddelde ouderdom van mense in ons militêre aftreeoord is 85. ’n Buurman het onlangs 100 geword en ’n groot partytjie is vir hom gehou. Selfs sy seun het opgedaag.
“Hoe oud is jy?” wou een van die inwoners weet.
“Ek is 81 jaar oud,” het die seun geantwoord.
Die inwoner het haar kop geskud. “Hulle word so gou groot, nie waar nie?”
BRON: Thomas Clements, Maryland vir rd.com
Breinoperasie
’n Groep wetenskaplikes verwyder die regterkantste deel van ’n man se brein en vra hom daarna om tot tien te tel. Die man tel: “Twee, vier, ses, agt, tien.”
Hulle sit toe die regterkantste deel terug en verwyder die linkerkant, en vra weer die man moet tot tien tel. Die man tel: “Een, drie, vyf, sewe, nege.”
Die…