“Ná die uitgifte sou ek ’n betekenisvolle styging in ons aandeelprys verwag.” sibanye Gold se uitvoerende hoof, Neal Froneman, kon beswaarlik sy frustrasie verberg oor die vertoning van die maatskappy se aandeelprys, wat die afgelope 12 maande ruweg gehalveer het en op ’n relatiewe grondslag nie tans so goed soos ander goudaandele presteer nie. Die huidige aandeelprys bring dié goud- en platinummaatskappy se waarde op sowat R25,8 miljard te staan.
“Ons dividend is groter as dié van AngloGold [Ashanti],” sê Froneman in ’n onderhoud met finweek, en voeg by dat AngloGold se markkapitalisasie tans in die omgewing van R60 miljard is. “Ek verstaan ons is in ’n regteuitgiftetydperk waar ons ’n potensiële verwatering het, maar ná die uitgifte sou ek ’n betekenisvolle styging in ons aandeelprys verwag.”
Die uitgifte, waarmee…
