Die toerismebedryf is dalk heel opgewonde oor die nuus van die rekord van 10 miljoen besoekers, maar die sentiment is flou vir beleggers in JSE-genoteerde toeristemaatskappye, veral hoteloperateurs.
Sun International
Dit is anders as wat mens verwag, want die groter toeristetal het die besettingskoers en gevolglik die verdienste laat styg. Die goed gediversifiseerde dog altyd dalende Sun International, waar Anthony Leeming, vroeër finansiële groepshoof, in Mei die toppos sal oorneem, verklaar dié teenstrydigheid deels.
Die markkapitalisasie van dié hotel-en-casino-reus, wat nou op R8,6 miljard gewaardeer word, het die afgelope dekade met meer as ’n derde (van R16,3 miljard in 2007) gedaal, al is heelwat beleggersgeld in verkrygings belê en is miljarde meer aan opknappings en buitelandse groeiprojekte bestee. Die aandeelprys, wat die afgelope jaar 18,3% vir beleggers opgelewer het, verhandel…
