“SAOEDIARABIË SAL NIE TOELAAT DAT HY DEUR ANDER MISBRUIK WORD NIE.”
− Khalid al-Falih, Saoedi-Arabië se energieminister, het gesê ander deelnemers aan die ooreenkoms om olieproduksie te verlaag om die wêreldmark te stabiliseer, moet die las van produksieverlagings deel, het ft.com berig. Data van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) toon dat Saoedi-Arabië, die wêreld se grootste olie-uitvoerder, produksie in Februarie verhoog het en dat hy bygedra het tot ’n afname van 10% in die standaardolieprys, het ft.com berig.
“Geteikende reklame stel ’n veldtog in staat om heeltemal verskillende, moontlik teenstrydige goed aan verskillende groepe te sê. Is dit demokraties?”
− Die uitvinder van die World Wide Web, sir Tim Berners-Lee, in ’n ope brief om die 28ste bestaansjaar van die web te gedenk. Hy het gesê dat hoewel die web…
