die land se vier groot banke – FirstRand, Standard Bank, Barclays Africa en Nedbank – blyk verbasend standvastig te wees in ’n moeilike ekonomiese omgewing, wat deur geweldige politieke druk oor die sluiting van die Guptafamilie se bankrekeninge, wat sterk politieke bande het, die onsekerheid oor die pos van Pravin Gordhan, minister van finansies, en die voortdurende gevaar van ’n verlaging van die soewereine kredietgradering tot riskante status, vererger word.
Die meeste banke het ondanks dié probleme die afgelope jaar verlore terrein herwin en hul aandeelpryse is weer naby (en in Nedbank se geval meer as) die vyfjaar- hoogtepunte wat vroeg in 2015 bereik is. Nedbank het die afgelope 12 maande 47% vir aandeelhouers opgelewer, Standard Bank 25.57%, FirstRand 16,2% en Barclays Africa 13,9%, volgens Bloomberg-data.
Herstruktureringsplanne by Old Mutual,…