omtrent 280 km noordoos van Yellowknife, die grootste dorp in Kanada se Noordwestelike Gebiede (NWG), is Gahcho Kué – die Chipewyan vir “plek van die groot haas” – hoewel kariboebokke, en ook diamante, inheems aan die streek is. Dit is hier, bokant die boomsoom en slegs 400 km suid van die Noordpoolsirkel, wat De Beers, in ’n gesamentlike onderneming met Mountain Province Mining, K$1 miljard (R9,5 miljard) belê het in die bou van Kanada se eerste diamantmyn in agt jaar.
Dit is ’n moeilike omgewing en toon die probleme om nuwe bronne van diamante vind. Dit is steeds verbasend om te hoor: van sowat 7 000 kimberlietpype wat oor die jare getoets is, het slegs 60 genoeg diamante bevat om ’n myn te regverdig – sowat 1% van die totaal.…
