shameel Joosub, Vodacom se uitvoerende hoof, kom kalm en rustig voor. Hy gee beslis nie die indruk van ’n persoon wat impulsief optree nie. Jy kry die gevoel dat elke besluit noukeurig oorweeg sal word.
Die oggend wat finweek met Joosub gaan gesels het, het Vodacom pas sy finansiële resultate aangekondig. Groepsdiensinkomste het met 2,3% toegeneem, groep-ebitda met 2,9% en groepdata-inkomste met 16,4%. Wesensverdienste per aandeel het met 4,5% gestyg. Totale dividende vir die jaar was R8,30 per aandeel.
In die Suid-Afrikaanse mark was diensinkomste 5,6% hoër. Dit is toegeskryf aan die groei in die kliëntebasis met 3 miljoen tot ’n totaal van 37,1 miljoen. Vodacom wys ook op groter belegging in die ontwikkeling van sy datamark, met inkomste in die segment 19,7% hoër, wat nou 39,7% van diensinkomste in…
