ekonome gebruik baie tyd om die faktore te ondersoek wat mense produktiewer maak. Produktiewer mense, wat meer met minder produseer, is die rede waarom ons vandag ’n veel hoër lewenspeil as ons voorouers twee eeue gelede in Afrika, Indië en Europa het.
Baie dinge verbeter produktiwiteit. Danksy tegnologiese verbeterings, soos ’n rekenaar, kan ons die krag van masjiene gebruik om handearbeid te vervang. Danksy opvoeding kan ons vinniger en sterker rekenaars bou. Sowel tegnologie as opvoeding speel ’n sleutelrol daarin om ’n voorspoedige toekoms te bly bou en deel.
Dit is egter nie nét tegnologie en opvoeding wat die lewenspeil verbeter nie. Daar is formele en informele instellings, dinge soos die strafregstelsel, eiendomsregstelsel en politieke stelsel, wat aansporings skep om in tegnologie en opvoeding te investeer. Dan is daar sagter…
