Die gediversifiseerde konglomeraat Bidvest, wat sy aandeel met byna 13% sien daal het sedert begin vanjaar, het op ’n onlangse beleggersdag gewaarsku marktoestande het agteruitgegaan, “soos weerspieël in laer sakeen verbruikersvertroue”.
Bidvest, wat sy internasionale voedseldiensteonderneming verlede jaar in Bidcorp ontbondel het, is ’n Suid-Afrikaanse onderneming met werksaamhede in die motorbedryf, handelsprodukte, elektriese goedere, finansiële dienste, vragvervoer, kantoor- en drukwerk en dienstesektore. Hy besit ook aandele in verskeie ander ondernemings, waaronder Comair en Adcock Ingram.
Hy het op 8 Junie gesê hy verwag vir die res van die jaar meer uitdagende handelstoestande weens “onbestendige sosiaal-politieke vooruitsigte en die swakker as verwagte makroekonomiese omgewing”. Die gehalte van sy verdienste bly egter hoog, sê Bidvest, en sy ondernemings met ’n soort jaargeldinkomste het “stewige resultate” gelewer. Nadat Bidcorp ontbondel is, het Bidvest…
