d ie Berekende propaganda-navorsingsprojek. Wat ’n mondvol!
Ek het dié projek, wat by die Universiteit van Oxford se Internet-instituut gevestig is, raakgeloop in ’n konsepdokument getitel Computational Propaganda, wat hy onlangs gepubliseer het
Die navorsers omskryf berekende propaganda as die gebruik van algoritmes, outomatisering en menslike organisering, insameling en aanlyn aanbieding van inhoud om misleidende inligting doelbewus oor sosiale medianetwerke heen te versprei. Suid-Afrika se plaaslike weergawe sou die aantygings teen die Gupta-familie en die Britse skakelfirma, Bell Pottinger, wees aangaande elemente wat “betaalde Twitter” genoem is.
“Een persoon, of ’n klein groepie, kan ’n oormag politieke botte [webrobotte] op Twitter gebruik om die illusie van grootskaalse konsensus te skep,” sê die verslag. “Regerings gebruik politieke botte wat gebou is om soos werklike mense te lyk en op te tree,…
