1. Kategoriseer maandelikse uitgawes en lys hulle van groot na klein.
Takel jou grootste uitgawes eerste. Dit is ’n doeltreffender manier om jou maandelikse koste te verminder, want selfs as jy 5% op jou grootste uitgawe bespaar, kan dit veel meer as ’n besparing van 100% op iets klein, soos jou bankgelde, wees. Moet ons dan ure gebruik om deur die spinneweb van bankgelde te soek, of kan ons die tyd beter gebruik deur groter uitgawes, soos behuising, motors en kruideniersware, te verminder?
2. Kies versigtig waar jy woon.
Daar is vele kostevoordele daaraan om na aan die werk te woon – minder petrol, minder voertuigslytasie, of selfs geen motorkoste nie as jy binne stapafstand is. Dit is natuurlik vir ’n enkellopende persoon makliker – as jy ’n gesin het,…