Chris Bishop, redakteur van Forbes Africa, skryf in sy nuwe boek, Africa’s Billionaires, oor Stephen Saad, stigter en uitvoerende hoof van Aspen Pharmacare. Bishop haal in die hoofstuk oor Saad aan uit ’n toespraak wat die sakeman van Durban laat verlede jaar gemaak het: “Jy weet, my portuurgenote sê hulle belê nie omdat die politieke klimaat nie reg is nie, en omdat die ekonomiese klimaat nie reg is nie. Hulle gaan wag totdat Jesus weer kom!”
Saad maak ’n goeie punt: Die sakeklimaat sal nooit perfek wees nie, maak nie saak in watter mark jy bedrywig is nie. Die suksesvolle entrepreneurs is dié wat, soos Saad, geleenthede te midde van die onsekerheid vind en daarin slaag om opbrengs te verdien wat die kapitaalkoste (die risikopremie ingesluit) oorskry.
Ondanks die persepsie…
