Vorige aanbevelings
Met dié dat Sygnia die vyf beursverhandelde fondse (ETF’s) van Deutsche Bank en ’n paar onlangs genoteerde, mededingende produkte koop, vra baie mense of hulle moet oorskakel.
Die rede wat voorgehou word, is dat Itrix, wat binnekort ’n nuwe handelsnaam sal kry, duurder as sy mededingers is.
Itrix ís duurder, en toe ek Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, vra of hulle die totale uitgaweverhouding (TER) gaan laat vaar, was die antwoord nee. Sy sê wel hulle hersien dit soms. Ek het gehoop dat hulle die gelde sou laat vaar het, want dié ETF’s is taamlik duur. Wierzycka het gesê die nuwe, mededingende produkte het geteikende totale uitgaweverhoudings en bestaan nog nie ’n jaar lank nie, en sal daarom dalk nie die teiken haal nie. Dis billik, maar…
