“DAAR IS DUIDELIKE TEKENS DAT POLITIEKE ONSEKERHEID ’N IMPAK OP DIE VERTROUE VAN BELEGGERS HET. AS ONS NIE STAPPE DOEN OM VERTROUE TE HERSTEL NIE, GAAN DAAR GROOT PROBLEME WEES.” – Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het dié waarskuwing op 1 Augustus by die parlement se staande komitee op finansies uitgereik, berig Moneyweb. Kganyago het kommer uitgespreek oor die toestand van die ekonomie en gesê Suid- Afrika moet ontslae raak van politieke en beleidsonsekerheid. “Hoekom sal jy die land se mynboubeleid verander elke keer as daar ’n verandering van minister of regering is? Dit word ’n langtermynprobleem,” het Kganyago gesê. Hy is bekommerd dat daar kritiek is oor instansies soos die Reserwebank wat goed funksioneer, en ook dat niks gedoen word om korrupsie te takel nie, berig Moneyweb. (Sien…
