daar is min dinge in die lewe wat die beginsels van ’n hoëprestasiespan beter aantoon as om ’n Formule Eenbandvervanging in die kuipe te sien. In 2016 het die Williamsspan, bestaande uit 23 lede, ’n kuipestop vir die voormalige Brasiliaanse Formule- Een-jaer, Felipe Massa in 1,89 sekondes voltooi.
Die geheim van dié blitsige stop in die kuipe (vergeleke met die byna een minuut wat dit in die 1950’s geneem het) is meer spanlede, beter opleiding en beter gereedskap, verduidelik Driver 61, ’n bron vir baandag- en renbestuurders, in ’n ontledingsartikel.
Tony Dovale, die stigter van Life Masters in Johannesburg, sê dat elke lid van die span ’n kristalhelder idee van sy funksie het en wat die impak daarvan is. Die opleiding is in hulle spiergeheue ingeprent en hulle het die…