“In 20 of 30 jaar se tyd kan ons goed onderweg wees om ’n ryk land te word. Een wat nie jeugwerkloosheidsprobleme het nie. Wat nie probleme met armoede het nie. Wat nie plakkerskampe het nie.” – Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, het aan BizNews gesê dit is moontlik om die ekonomie teen 5% tot 6% per jaar te groei en een van die wêreld se opwindendste ontluikende markte te word, as president Cyril Ramaphosa die regte besluite neem. Cronjé sê die ANC het die afgelope paar jaar ’n “pynlike les geleer”, en dat Ramaphosa ’n “beduidende mandaat binne sy party, en daarbuite, het vir verandering”.
“DIE PRIVATE SEKTOR HOU IN GROOT MATE DIE SLEUTEL, MAAR DIE REGERING HOU DIE DEUR.” – Soria Hay, hoof van…
