Markkapitalisasie: R61,6 miljard
Waarde van bates: R84,1 miljard
Fokus: Hoofsaaklik kleinhandel en kantore, asook nywerheid en logistiek
Geografiese blootstelling: Suid-Afrika, Pole, Brittanje, Duitsland, Australië
Lening-tot-waarde-verhouding: 39,8%
Skuld verskans: 83% (gemiddelde termyn: 2,6 jaar)
Dividendopbrengskoers: 8,18%
IRESS-saamgestelde ontledersgradering: twee hou; een koop
Dié JSE-genoteerde, gediversifiseerde REIT vergroot steeds sy buitelandse blootstelling, wat einde Februarie 19,5% van die batewaarde verteenwoordig het.
Hy het in Julie ’n tweede ontwikkelingsperseel vir studentebehuising in Australië verkry wat, soos sy eerste, naby die Universiteit van Melbourne is. Redefine hoop om dit teen ’n inkomsteopbrengskoers van sowat 10% te ontwikkel.
“Die vraag-en-aanbod-dinamiek van studentebehuising is in Redefine se guns. Die ontwikkeling sal teen ’n opbrengskoers van meer as die finansieringskoste gedoen word en sal sy verdienste in 2019 ’n hupstoot gee,” sê Metope se Hook.
Andrew Konig,…