die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika én die Mededingingskommissie is bekommerd oor Suid-Afrika se hoë datakoste. En dis hoog tyd.
Van die 48 Afrika-lande op ResearchICTAfrica.net se ranglys vir die vasteland vir die eerste kwartaal van 2017, was Suid-Afrika die 22ste op die lys van duurste lande om 1GB data te koop. Al Suid-Afrika se taaiste mededingers op die vasteland, insluitend Egipte (eerste), Ghana (vierde), Nigerië (agtste) en Kenia (vyftiende) is hoër op die lys. Ons armste buurman, Mosambiek, is tweede op die ranglys. 1GB se data kos daar $2,27 in skrille kontras met Suid-Afrika se $7,49.
Verbruikers weet dit reeds geruime tyd. Die radiopersoonlikheid, Thabo “Tbo Touch” Molefe het verlede jaar met ‘n Twitter-veldtog, #DataMustFall, begin, wat viraal versprei het. Hy is gevolglik uitgenooi om die parlementêre portefeuljekomitee oor telekommunikasie…
