die Investec Equity Fund belê in aandele met opwaarts hersiene verwagtinge vir toekomstige verdienste (of waar dit hoogs waarskynlik opwaarts hersien sal word) wat terselfdertyd op redelike waardasies verhandel. Ons het Barloworld middel laas jaar begin koop en het tans ’n oorgewig posisie.
Barloworld, wat in 1902 gestig is, is een van die oudste maatskappye in die land. Aanvanklik het die maatskappy wolprodukte verkoop, soos komberse en jasse, maar mettertyd tot talle ander terreine uitgebrei, onder meer die motorhandel, boumateriale, hanteringstoerusting, verbruikerselektronika en staalvervaardiging.
In die loop van sy ontwikkeling het die maatskappy niekernbates verkoop en hom geposisioneer as ’n verspreider van toonaangewende internasionale handelsname, soos Caterpillar, Avis, Budget, Audi, BMW, Ford, Jaguar, Land Rover, Mazda, Mercedes- Benz, Toyota, Volkswagen, Hyster en Massey Ferguson. Barloworld se kernafdelings is toerusting (grondverskuiwing…
