die private sektor word van alle kante gelooi, maar het een vergoeilikende eienskap waaraan dié kritici nie aan kan ontkom nie: kompetisie. Kyk maar na KPMG – die internasionale ouditeursfirma midde in die Gupta-familieskandaal, nadat belastingbetalers se geld gebruik is om ’n huwelikseremonie in 2013 te Sun City te betaal.
Na die uitreiking van ’n interne verslag oor die saak, het KPMG se uitvoerende hoof in Suid-Afrika, Trevor Hoole, bedank, asook die voorsitter en ses ander senior personeellede. Daaropvolgend het maatskappye begin om KPMG se ouditeursdienste te beëindig. Magda Wierzycka se Sygnia was eerste, gevolg deur Hulisani, Münich Re, Sasfin, AVI, Telkom, en talle ander. Selfs daardie stadig bewegende instellings, universiteite, het begin om van KPMG ontslae te raak. Bronne binne KPMG laat blyk dat die bui somber is.
KPMG…
