Fondsbestuurder se insigte:
Die Allan Gray Stable Fund is ’n regulasie 28-batetoewysingsfonds, wat beteken dat hy in ’n reeks bateklasse, soos aandele, effekte, kontant, eiendom en buitelandse bates belê.
Volgens Mark Dunley-Owen, portefeuljebestuurder, wissel blootstelling aan dié bateklasse, afhangende van die geleenthede wat op enige tydstip gebied word.
“Een van die sleutelvoordele om in ’n batetoewysingsfonds te belê, is dat die fondsbestuurder – en nie die belegger nie – die verantwoordelikheid het om die onderliggende bateklasblootstelling in die fonds te bestuur,” sê Dunley-Owen.
“Die fondsbestuurder het die buigsaamheid om die blootstelling aan verskillende bateklasse te verander, gegrond op beskikbare geleenthede. Die opbrengste wat beleggers uiteindelik ervaar, is afkomstig van al die verskillende komponente waaruit die fonds bestaan.”
Die fonds kan ’n maksimum van 30% in die buiteland belê, met ’n…