CLICKS
Mooi so!
Clicks se resultate illustreer die wondere van hefboomwerking. Inkomste het met 10,9% gestyg, wesensverdienste per aandeel (WVPA) met 14,5% en die dividend met 18,4%. Dis wat ’n belegger wil sien wanneer jy na die syfers kyk – persentasies wat styg. Dit dui op ’n onderneming wat oral maksimum wins genereer, wat sy markaandeel vergroot en blakend gesond is. Per slot van rekening, met ’n historiese prys-verdienste-veelvoud (p/v) van ongeveer 30 keer, weerspieël die aandeel ’n wonderlike onderneming wat dienooreenkomstig geprys is. Een gedagte: met Dis-Chem en Clicks wat klaarblyklik albei hul markaandeel verhoog, wie is dit wat aan die kortste ent trek? Is dit moontlik hoofsaaklik klein, onafhanklike apteke of ook van die groter spelers, veral in gesondheid en skoonheid, soos Pick n Pay en Woolies*?
SYGNIA…
