“Ons is basies ’n rampokkerstaat,” het die ondersoekende joernalis Jacques Pauw in ’n video-onderhoud met News24 gesê oor sy boeiende nuwe boek, The President’s Keepers, waarin hy die vernietiging uiteensit wat president Jacob Zuma en “die mense wat hom aan die bewind en uit die tronk hou”, by sleutelinstellings soos die Staatsveiligheidsagentskap, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag veroorsaak.
Dit is beslis ’n boek wat liewer met ’n stywe dop binne grypafstand gelees moet word. Soos Anton Harber, akademikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, skryf in ’n resensie wat op The Conversaton Africa gepubliseer is: “Selfs al is net die helfte daarvan waar, is dit ysingwekkend.”
Vir ’n selfs vollediger prentjie van wat in die land gebeur, beveel Harber ook Crispian Olver se How to…
